

|
Deel in ons passie vir · uitstekende wyn · goeie kos · superior akkommodasie en die prag van ons vallei ![]() |
![]() Wynplase langs die Durbanville Wynroete D'ARIADie plaas is in 1698 die eerste keer aangeteken. Drie eeue later, in 1998 het 'n plaaslike beleggings en ontwikkelings maatskappy, Barinor Holdings, die plaas bejkom en her-ontwikkel.Die vernuwing van D'Aria het begin met die hervestiging van wingerd in 1998. Daar is toe nuwe stokke gevestig op net meer as 60ha. Op die warmer noordelike hange is rooi varieteite soos cabernet sauvignon, merlot en shiraz gevestig terwyl die op koeler oostelike hange sauvignon blanc en viognier geplant is. Die D'Aria kelder, in gebruik sedert die 2008 oesjaar, is toegerus om 400ton druiwe in 'n ultra moderne aanleg te hanteer. D'Aria wyn word gemaak van hand uitgesoekte druiwe en word ook 'n tweede keer met die hand onderoek in die kelder. ![]()
|
|
|
tuisblad
/
wynmakers
/
restaurante
/
akkommodasie
/
wat gebeur
/
nuus
/
kontak ons
kaart & aanwysings / skakels / kopiereg & terme / foto galery / sitemap |
|
indien u Opera of Internet Explorer saam met 'n monitor met resolusie van minstens 1024x800 gebruik sal u
hierdie bladsy sien soos bedoel webblad deur |