

|
Deel in ons passie vir · uitstekende wyn · goeie kos · superior akkommodasie en die prag van ons vallei ![]() |
![]() Wynplase langs die Durbanville Wynroete BLOEMENDALBloemendal spog met 'n wye verskeidenheid wingerde, elk met 'n unieke helling en grondtipe. Dit laat toe vir optimale kombinasies van terroir en kultivar, 'n baie groot voordeel vir hierdie landgoed van 239ha waarvan wingerd op sowat 150ha gevestig is.Meeste van die grond by Bloemendal is diep, koel en goed gedreineer, maar met uitstekende vermoë om water stadig vry te laat, wat toelaat dat die wingerd met min of geen besproeing op natuurlike wyse ontwikkel. Al die Bloemendal wyn word op die plaas verbou en gemaak. ![]()
|
|