Durbanville wynplase



Deel in ons passie vir

· uitstekende wyn
· goeie kos
· superior akkommodasie

en die prag van ons vallei




Durbanville Wynroete
Wynplase langs die Durbanville Wynroete

ALTYDGEDACHT ESTATE

Die geskiedenis van hierdie familieplaas strek sover terug as 1698. Hier word gevestigde tradisies asook moderne metodes saam gebruik om karaktervolle kwaliteit wyn te maak.

Altydgedacht is een van die historiese plase teen die vrugbare hange vabn die Tygerberg en is reeds sedert 1852 in besit van die Parker familie. Tans gebruik broers John en Oliver die variasie in grondtipes, verskillende berghange en unieke klimaatstoestand om druiwe van hoogstaande kwaliteit te lewer. Wyn met 'n sterk en eiesoortige karakter, tipies aan die Durbanville omgewing, word hier gemaak.

Die wit kultivars wat verbou word sluit in Chardonnay, Chenin Blanc, Gewurztraminer, Hanepoot, Sauvignon Blanc, Weisser Reisling, S.A. Riesling en Viognier. Rooi kultivars sluit in Barbera, Cabernet Sauvignon, Cabernet Franc, Gamay, Merlot, Shiraz en Pinotage.

Van die ongeveer 130ton druiwe wat jaarliks ge-oes word, word 'n klein geselkteerde hoeveelheid gebruik om wyn op die landgoed te maak.





Maandag tot Vrydag: 09h00 - 17h00
Saterdag: 09h00 - 15h00
Sondag: gesluit

   sien kaart (.pdf)

Vanaf Durbanville, volg die M13 vir sowat 2km. By die robot, draai links op die Tygervallei pad. Altydgedacht is duidelik aangedui op regterkant.

+27 21 976 1295

altydgedacht @ mweb.co.za

www.altydgedacht.co.za






Blyplek van die maand

Restaurant van die maand


tuisblad  /  wynmakers  /  restaurante  /  akkommodasie  /  wat gebeur  /  nuus  /  kontak ons
kaart & aanwysings  /  skakels  /  kopiereg & terme  /  foto galery  /  sitemap

indien u Opera of Internet Explorer saam met 'n monitor met resolusie van minstens 1024x800 gebruik sal u hierdie bladsy sien soos bedoel
webblad deur FotoDigi en met trots aangebied deur a-host


terug na tuisblad wynplase van Durbanville restaurante in Durbanville akkommodasie in Durbanville wat gebeur in die Durbanville wynroete nuus uit die Durbanville wynroete kaart en aanwysings kontak ons hier same information - in English